Please email your testimonial to ouhuis@rooibostee.co.za.


Dankie, ons het die eerste probeerslag terdeë geniet!! Met 'n oupa en ouma aan moederskant wat in Caledon se distrik gewoon het, was ek reeds baie vroeg in my lewe aan rooibostee in die ou Transvaal blootgestel. Die "stokkiestee" van Ou Huis laat my aan daardie dae terugdink – hoe ons die toekoms kon vasstel deur na die teeblare in die leë koppie te kyk! Dit is 'n voordeel van rooibostee in sakkies wat sedertdien verdwyn het!


Ek het Ouhuis tee by my buurvrou geproe…en heeltemal verlief geraak op julle Rooibostee


Ek het vroegoggend reeds 'n pot OUHUIS® Rooibostee in 'n pot van my oupa se suster tant Lena gekook. Dit ruik soos my ouma Baby se huis en elke sluk is 'n fees. Dankie Anneli Smit julle tee is heerlik. Tielman Roux


Baie dankie, ek het die tees ontvang, alles reg en ek wil jou graag komplementeer - jou tees smaak voortreflik! My 2 seuntjies kry met middagete hul koppie tee (koue tee in die somer) maar die nuwe geure 'warm' tee in die winter laat hul nie verby gaan nie! Baie dankie en groete. Hantie Vermaak


Wil net vir jou se julle tee is die beste rooibostee wat ek in 'n lang tyd gebruik het . Die smaak is regtig baie lekker nes die rooibos tee van ouds. Die nuwe tee wat mens kry het nie juis die smaak van die ou rooibostee nie . Baie dankie Groete Lyn


My naam is Mr de Villiers. Ek wil graag my storie met alle ROOIBOS boere en die BESTUUR van Rooibos tea bemarking deel. Ek was ‘n tabakboer in Rhodesië, 1958. My dogter is daar gebore en my seun en is nou woonagtig in Suid-Afrika in Gordons Bay. Vir die laaste 10 jaar op die ouderdom van so 11 - 12 maande ontwikkel die kind ‘n plaag of siekte of wat ‘n mens dit ook al wil noem. Geen voeding, kos wat sy eet of inneem bly binne nie en kom terug. Met ander woorde alles wat sy eet kom terug. My dokters was raadop, ons het alles probeer, soos bok melk, bees melk en donkie melk en die kruie dokters was genadig onsuksesvol.

Iemand in Suid-Afrika laat my weet ek moet die kind op Rooibostee sit, wat ek dadelik laat opvlieg want dit was nie in Rhodesië verkrygbaar nie. Ek het ‘n vriend in die lugdiens wat my dadelik kon help en binne 24 uur was my eerste twee pakkies Rooibostee by my. Dadelik was daar ‘n verbetering en die kos bly binne en die gehuil word minder. Binne ses weke was alles verby en dankie aan Rooibos. Dit het my kind se lewe gered.

Ek sal nooit sonder Rooibostee wees nie. Ek het nou 2 maande gelede kom kyk waar die hart van die Rooibostee is CLANWILLIAM. Dankie Rooibostee. Groete.
Bobby de Villiers 

 
 

OUHUIS® Rooibos tea is cultivated and processed on Protea Kop Rooibos Tea farm between Clanwilliam and Lambert’s Bay in the Western Cape in the Republic of South-Africa.

OUHUIS® Rooibos tea productsrange from bagged to loose rooibos, in natural and flavoured variants. Variants include honey, blackcurrant and vanilla flavoured and rooibos blended with buchu, camomile, cancerbush, lemongrass and ginger.

Zeekoevlei 109 
P.O. Box 209 
CLANWILLIAM 
8135 
SOUTH AFRICA

Tel: +27 27 470 0152
Tel: +27 72 527 1671
Fax: +27 86 670 7223

ouhuis@rooibostee.co.za

 
 

OUHUIS® ROOIBOS

Zeekoevlei 109
P.O. Box 209
CLANWILLIAM
8135
SOUTH AFRICA
Find us

CONTACT US

Tel: +27 27 470 0152
Tel: +27 72 527 1671
Fax: +27 86 670 7223
ouhuis@rooibostee.co.za